Lang mars

Die lang mars van 1934 tot 1935.

Die lang mars (Oktober 1934 - Oktober 1935) was 'n strategiese terugval onderneem deur tussen 100 000 tot 130 000 Chinese kommuniste van die Chinese Rooi Leër. Die hoofmars was van Jiangxi na Yan'an in Shaanxi en tienduisende deelnemers het die reis nie oorleef nie.

Die kommuniste, onder die uiteindelike bevel van Mao Zedong en Zhou Enlai, het ontsnap in sirkelende vlug-aksies van die weste na die noorde, wat na bewering oor 370 dae meer as 9 000 kilometer deurkruis het.[1] Die roete het deur die moeilikste terrein van Wes-China gegaan eers wes, dan noord, na Shaanxi.

Die lang mars het die begin van Mao se magopkoms in China ingelei. Hy het sy leierskap tydens hierdie terugtog in die Kommunistiese Party van China (KPC) gevestig. Die ontberings tydens die lang mars het tot gevolg dat slegs ongeveer 'n tiende van die mag wat Jiangxi verlaat het, dit voltooi (ongeveer agt duisend van ongeveer honderdduisend). Dit sou 'n belangrike episode in die geskiedenis van die KPC verteenwoordig en sou die persoonlike aansien van Mao Zedong en sy ondersteuners as die nuwe leiers van die party in die volgende dekades verseël.

  1. Zhang, Chunhou. Vaughan, C. Edwin. (2002). Mao Zedong as Poet and Revolutionary Leader: Social and Historical Perspectives. Lexington books. ISBN 0-7391-0406-3. bl. 65.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search